Jy hoef nie eensklaps duisende rande op te dok om oor te skakel na ’n energieslim-oplossing nie. “Sien hierdie as ’n geleentheid vir klein verstellings en slim beleggings wat jou geld kan spaar,” sê Ricardo Coetzee, woordvoerder van Virseker.
“Dis nie alles-of-niks nie, want jy kan die omskakeling na ’n energieslim-huishouding in fases benader,” sê Ricardo. “Fokus eers op besparing en doeltreffendheid en spreek die grootste verbruikers in jou huis aan. Daarna kan jy kyk na rugsteunstelsels, soos batterye wat van die gewone elektrisiteitstoevoer af laai, om jou tydens onderbrekings te help.”
’n Mens kan stelselmatig batterye toevoeg om jou vir langer of met meer toestelle te onderhou.