In haar deurbraakrol in die 2021-periodedrama The Underground Railroad het sy geskitter as Cora Randall, ’n slaaf wat van ’n Amerikaanse katoenplaas ontsnap.
Thuso is met ’n Hollywood Critics Association-, Independent Spirit asook Gothamtoekenning beloon vir haar spel.
Eersdaags is sy saam met Oscar-bekroonde aktrise Viola Davis te sien in The Woman King, ’n historiese prent wat handel oor die magtige Afrika-koninkryk van Dahomey in die 18de en 19de eeu.