Die stokou legende lui dat net twee stories bestaan: ’n Vreemdeling arriveer en ’n man gaan op reis. Gesoute lewensreisiger en landskapversierder Strijdom van der Merwe voldoen aan en vertolk albei rolle oortuigend . . . vir ’n lewe.
Binne ’n migrerende era is die vader van landskapkuns in Suid-Afrika ’n man met ’n missie. Hy arriveer, verken en los met sy vertrek ’n kunskolos wat versier, verklap en verkla. Klik oor ’n moderne mensdom verstik in vooruitgang en die lewe se vliet.
Die hartklop daaronder straal hoop uit . . . troos tydens ongenaakbare winde.