Moenie vasklou aan die outydse siening dat jy ’n rolling stone is as jy van werk verander nie. Hoe gereeld jy dit doen, hang af van mens tot mens – solank jou loopbaan uitdagend bly en jy groei.
Vra jouself af: Wat wil ek nog bereik? Stel dan realistiese, haalbare doelwitte. Jy kan byvoorbeeld nie verwag om dadelik bevorder te word nie. Sodra jy die doelwitte behaal het, stel nuwes of beweeg aan. Maak net seker daar’s ’n logiese patroon in jou loopbaanvordering op jou CV. Dit moenie lyk of jy sonder ’n plan rondval tussen werke nie.
Moet ook nie in dieselfde pos bly net omdat jy bang is vir risiko’s nie. Só gaan geleenthede verby. Miskien onderskat jy jouself, of jy’s te lojaal of bekommerd oor jou baas se reaksie, daarom doen jy nie vir ander poste aansoek nie. Of jy glo liewer ’n bekende as ’n onbekende ergernis . . .