Deel

5 maniere om 'bad girl braids' te dra

akkreditasie

Bokser-vlegsels of sogenaamde “bad girl braids” was verlede jaar ’n gewilde gier onder bekendes. Kim Kardashian en Kendall en Kylie Jenner is veral met dié sportiewe styl gesien. Nou het die Franse aktrise Marion Cotillard weer dié parmantige vlegsels op die voorgrond geplaas toe sy vroeër die week in Milan met vier bokser-vlegsels en ’n elegante liggroen broekspak gewaar is.

#MarionCotillard is making everyone at fashion week in #Milan green with envy ?? (??: Splash News)

A post shared by Page Six (@pagesix) on

Ons sien uit daarna om dié vlegsel-haarstyl vir die lente maande te dra.Die styl bestaan uit twee onderstebo-Franse vlegsels wat styf aan weerskante van jou kop gevleg word. Dis veral ’n gewilde haarstyl onder vroueboksers omdat dit jou hare netjies in plek hou sonder dat daar stringe hare in jou oë val.

"Die onderstebo- Franse vlegsel staan meer uit as ’n klassieke Franse vlegsel en laat die styl meer gedefinieerd en treffend lyk, sê Boyd Meilhon, senior stileerder by die Carlton Hair-haarsalon in Hyde Park.

Boyd meen bokser-vlegsels is so gewild omdat die styl modern en effens rebels is. En dit kan na enige geleentheid gedra word - van ’n strawwe oefensessie tot ’n glansryke aand uit.

"Al wat nodig is, is ’n paar spuitjies droë sjampoe en haarsproei om jou bokser-vlegsels aan te pas om netjies of meer los te laat lyk vir alle geleenthede."    

Hoewel die haarstyl aan die begin effens moeilik is om te bemeester kan dit met ’n bietjie oefening op alle haartipes en -style geskep word. Die geheim is om altyd eers ’n stileerproduk wat tekstuur aan jou hare gee aan te wend, sê Boyd.

“Dit laat elke haartjie voller voorkom en maak dit aansienlik makliker om elke haarseksie te vleg en in plek te hou.”

Dit werk die beste op hare wat skouerlengte en langer is.

Skep só jou bokser-vlegsels stap vir stap:

Stap 1: Skep ’n middelpaadjie en verdeel jou hare in twee gelyke dele weerskante van jou kop.

Stap 2: Vat die een helfte van jou hare en verdeel dit in drie gelyke seksies. Begin dan om ’n onderstebo Franse vlegsel te vleg. Dié vlegsel werk presies soos die klassieke Franse vlegsel, maar pleks dat jy die drie stringe hare bo-oor mekaar vou, vou jy dit van onder na bo.

Stap 3: Vou die regterkantste string onderdeur (pleks van bo-oor) die middelste string en vou dan die linkerkantste string onderdeur die string wat nou in die middel hang.

Stap 4: Neem ’n fyn stringetjie hare uit die res van jou hare (aan die regterkant) en voeg dit by die nuwe string wat aan die regterkant is en vou dit dan onderdeur die middelste string. Doen nou dieselfde met die string aan die linkerkant van jou kop.

Stap 5: Herhaal stap 4 totdat al jou hare ingevleg is. Nou kan jy die drie stringe net gewoonweg verder vleg totdat al jou hare gevleg is en dit vasmaak met ’n rekkie.

Stap 6: Herhaal stap 2 tot 5 met die ander helfte van jou hare.

Kyk ook na dié kort Instagram-video...

braid tutorial ???? watch the salon (@rpzlrpzl) and at home version on @weworewhat today

A post shared by Danielle Bernstein (@weworewhat) on

Hiér is vyf maniere om die interessante styl te dra:

Klassieke bokser-vlegsel

* Al twee vlegsels is styf en netjies tot by die punte van jou hare gevleg.

#TBT to gymspiration ?????? #kristinesshair

A post shared by KRISTIN ESS HAIR (@kristin_ess) on

Effense deurmekaar bokser-vlegsel

* Begin jou vlegsels net bo die bokant van jou oor, pleks van by jou haarlyn. Vlegsels kan effens losgetrek en deurmekaar wees. 

these braids make me feel some type of way ??

A post shared by Danielle Bernstein (@weworewhat) on

Bokser-vlegsel met ’n poniestert

* Vleg twee bokser-vlegsels weerskante van jou kop en maak jou hare in ’n poniestert vas sodra jy aan die agterkant van jou kop kom. 

Bokser-vlegsels vir korter hare

* Jy kan selfs ’n weergawe van die bokser-vlegsels skep as jy kort hare het! Vleg jou vlegsels kleiner en net aan een kant van jou kop en hou die res van jou hare golwend met hope tekstuur en volume.

#TBT to blondehairdarkrootspiration ?? #kristinesshair

A post shared by KRISTIN ESS HAIR (@kristin_ess) on

Glansryke bokser-vlegsels

* Volg die supermodel Cara Delevingne se voorbeeld en skep klein fyn stywe vlegsels weerskante van jou kop en bind jou hare dan vas in ’n hoë bolla.

???? Puppy love ????

A post shared by Cara Delevingne (@caradelevingne) on


JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees