Parfuum het die vermoë om meteens jou gemoed te lig, jou selfvertroue ’n hupstoot te gee en jou afgerond te laat voel.
“Wanneer jy parfuum dra, voel jy meteens meer aantreklik, sexy, sterk of selfs speels,” sê Zaweer Ebrahim, van Playgirl in Suid-Afrika.
Daarom moet die krag van reukwater nooit onderskat word nie!