Droë voete? Hiér's raad!

akkreditasie

Sandaal-seisoen is hier, en dít beteken al die aandag is op jou voete. Goedversorgde voete gee jou selfvertroue ’n hupstoot. Boonop is mooi voete en toonnaels makliker as wat jy dink.

Omdat jou voete jou lyf se fondasie is, werk dit daagliks hard en verdien om versorg en vertroetel te word, veral in die somer wanneer dit meer aan omgewingsfaktore blootgestel word. Die geheim van mooi en gesonde voete lê in die vel wat sag en soepel lyk.

Gelukkig hoef ’n basiese voetsorgroetine nie baie moeite te verg nie.

#1 In die somer is hakke geneig om droër te wees. Smeer elke aand ’n ryk vogroom aan voordat jy gaan slaap. As jy dit ’n gewoonte maak, sal jy binne drie weke ’n verbetering sien.

#2 Skilfer jou voete ook een tot twee keer ’n week met ’n voetskrop af nadat jy dit deeglik gewas het, veral as jy gereeld oefen of toe skoene dra. Só raak jy ontslae van enige dooie selle en onsuiwerhede wat kan lei tot bakteriële infeksies.

#3 Wend daarna vir 10 tot 20 minute ’n voetmasker aan. Kies ’n masker vir jou spesifieke behoeftes, soos een vir droë voete of een vir moeë spiere. Kyk uit vir voetmaskers met bestanddele soos argan- en peperment-olie. Arganolie bevogtig, terwyl peperment ’n verfrissende uitwerking het.

Hoe gemaak met baie droë voete?

Een van SA vroue se grootste voetprobleme is droë hakke met barsies en eelte op dele van hul voete. Wanneer die vel onder jou voete geïrriteerd raak deur byvoorbeeld die konstante skuur van jou skoene se sole, vervaardig jou vel ekstra selle om jou voete te beskerm. Dié lae selle kan naderhand ’n harde eelt vorm. Gebruik gereeld ’n growwe voetskrop om spesifiek die harde dele op jou voete te brei. As jou voete buitengewoon grof is, gaan vir ’n voetbehandeling wat spesifiek dié probleem takel.

Probeer dié produkte:

1. Scholl Velvet Smooth Electronic Foot File (R269)

2. Skin Republic Foot Active Foot Mask (R50)

3. Sorbet Hydrating Foot Mask (R55). By Clicks

4. Oh So Heavenly Foot Spa Bare Your Sole Foot Scrub in Peppermint & Shea (R27)

5. The Body Shop Hemp Foot Protector (R135)

*Dele van dié artikel het oorspronklik in SARIE se November 2015-uitgawe verskyn.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees