Buiten jou bestaande velsorgroetine is daar altyd ruimte vir verbetering. Faktore soos ons eetgewoontes, leefstyl en ouderdom het alles ’n direkte impak op ons vel. Daarom moet ons nooit vergeet dat dit ook belangrik is om nuwe produkte van tyd tot tyd te beproef nie.
Natuurlik is daar reeds verskeie nuwe produkte en interessante velsorgtendense wat kop uitsteek. Daarom het die SARIE-skoonheidspan bietjie gaan ondersoek instel en twee kenners geraadpleeg oor waarop ons in 2022 moet fokus as dit by ons velsorgroetine kom.
Dr. Ian Webster, ’n spesialis-dermatoloog van Somerset-Wes en medestigter van die aanlyn velsorgwinkel Dermastore.