Die hertogin van Sussex, Meghan Markle het aan vrouens bewys dat jou vel stralend en afgerond, tog natuurlik kan lyk.
In ’n onlangse onderhoud met E! News het Meghan se grimeerkunstenaar, Daniel Martin vertel dat hy velsorgprodukte gebruik om Meghan se vel glansend te laat lyk.
Die velsorgproduk Eucerin Aquaphor Soothing Skin Balm (R85) dien as verligter om Meghan se gelaatstrekke te beklemtoon en te verlig. Dié produk is ’n helende salf wat dieselfde tekstuur as Vaseline het.