Begin deur vas te stel watter tipe wimpers jy het. Is jou wimpers kort of lank, dun of dik, en gekrul of reguit?
Só kan jy ’n formule kies wat jou wimpers bv. verleng, krul of dikker laat lyk, sê Annice Gerber, grimeerkunstenaar van Johannesburg.
Hou ook die vorm van die maskaraborsel in gedagte omdat dit ’n groot verskil maak aan hoe die produk versprei en hoeveel maskara op ’n slag op jou wimpers aangewend word. Nou kan jy begin uitkyk vir jou ideale maskara.