Deel

Voorbladgesigwenner Tana Ferreira speel model: Só kan jy ook voor die kamera lyk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Marijke Willems
FOTO Marijke Willems
Tana Ferreira, Voorbladgesigwenner 2012, het in 2018 weer vir SARIE model gespeel.

Sy het in ons Augustus-uitgawe van daardie jaar op die skoonheidsblaaie verskyn en met haar blou oë, ligblonde hare en vlekkelose vel is sy eenvoudig beeldskoon.

Vir die fotosessie is haar grimeervoorkoms natuurlik gehou, maar met ikoniese rooi lippe afgerond. Die SARIE-skoonheidspan het met Lesley Whitby, ons grimeer- en haarkunstenaar vir die sessie, gesels oor hoe om dié treffende voorkoms te kry.

Die geheim? “Dit verg ’n bietjie ekstra moeite, ’n gesonde vel, goed versorgde wenkbroue en pragtige lippe,” sê Lesley.

FOTO Marijke Willems

Volg dié wenke:

Vir jou oë ...

  • Kies ’n natuurlike oogskadu en wend dit oor jou hele ooglid aan.
  • Gebruik vloeibare oogomlyner om ’n dun lyntjie net bokant jou wimperlyn te trek.
  • Gebruik ’n wimperkruller om jou wimpers te krul en wend minstens twee lae maskara aan vir lang, welige wimpers.
  • Vul jou wenkbroue met ligte strepies in om ’n natuurlike, voller voorkoms te skep.

Vir jou wange ...

  • Kies ’n blosser in ’n sagte, natuurlike skakering en wend dit op jou wangbene aan.

Vir jou lippe ...

  • “Die beste manier om rooi op jou lippe te dra, is om ’n lipborseltjie of lipomlyner te gebruik,” verklap Lesley. Dit sal help om ’n goed gedefinieerde lipvoorkoms te skep wat nie maklik sal smeer nie.
FOTO Marijke Willems

Skryf nou in!

Lees meer oor hoe om in te skryf hier. Skryf in vir SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig aanlyn by voorbladgesig.sarie.com

SARIE Voorbladgesig en SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees