Die velsorgindustrie is ’n bedrywige veld. Te danke aan wêreldklas navorsing is nuwe, innoverende produkte en behandelings voortdurend beskikbaar. Die soektog na ’n foutlose vel duur maar altyd voort.
So wat hou 2022 vir dié opwindende industrie in?
Dr. Alek Nikolic, estetiese dokter van Kaapstad en uitvoerende direkteur van die aanlyn velsorgwinkel SkinMiles, vertel dat daar ’n toenemende aanvraag na “skoon” velsorg sowel as ekovriendelike verpakking is. Daarom sal die beweging na volhoubare skoonheid nóg meer relevant in 2022 wees.