Om jou hare te was is heel eenvoudig. Jy maak jou hare nat, wend sjampoe aan, maak dit skuimerig en spoel dit af. Skoon, gesonde hare gee ons almal se selfvertroue ’n hupstoot. Maar . . .
Verskillende haartipes vereis verskillende wasmetodes. Dis belangrik om te weet wat jou haartipe is. As jy olierige hare het, moet jy die sjampoe eers op jou droë hare aanwend voor jy dit natmaak om van die oortollige olie ontslae te raak.
Sjampoe raak van vuiligheid en oortollige olie ontslae. Hare is baie broos as dit nat is, daarom moet jy nooit hardhandig met nat hare werk nie.