Bekendes soos Hilary Duff, Khloé Kardashian en Gigi Hadid se nuwe haarkleur pas perfek by die ysige winter waartydens hulle Kersfees gaan vier. Al drie vroue se hare is nou platinumblond gekleur, ’n skakering wat herinner aan die wit van sneeu.
Hoewel Kersfees vir ons Suid-Afrikaners sinoniem is met somer, son, see en laat aande op die stoep, kan jy steeds ’n witblonde skakering vir die feestyd probeer.