Vergete is die dae om by jou gunsteling haarsalon in te walts en ’n nuwe haarstyl- of kleur te beproef. As gevolg van die onsekerheid wat die pandemie veroorsaak het, trek die skoonheidsbedryf aan die kortste ent.
Die SARIE-skoonheidspan het dit goed gedink om treffende haarinspirasie te deel, dalk net wat jy nodig het wanneer jy uiteindelik weer jou haarkapper sal kan besoek.
In SARIE-tydskrif se Mei-uitgawe is daar tagtig trends vir winter gedeel. In die haarafdeling het kort haarstyle beslis die kollig gesteel.