Jy gebruik heel waarskynlik jou opknapper verkeerd. Die fout? Om jou opknapper op sopnat hare te gebruik. Jy is eintlik veronderstel om jou hare eers met ’n handdoek droog te vryf en dan die opknapper aan te wend, verduidelik Junior. Eers dan kan die produk behoorlik sy werk doen.
As jy nie die regte produkte gebruik nie, kan dit jou kopvel droog, olierig en swaar maak. “Jy moet jou hare verstaan,” sê Junior.