Ja, grys ligstrepies is die nuutste haargier. Dit skep 'n multi-dimensionele haarkleur wat jou kapsel lewendig en glansend maak. Boonop is dit perfek vir winter. Die internet gons met beide oud en jonk sowel as donker- en ligte koppe wat gaande oor die haargier is.
Dit skep die perfekte kontras vir donker- én ligte hare. Vir donker hare gee dit dimensie en kikker donker, eentonige skakerings op. Ligte hare lyk meer glansend en lewendig, dié skakering pas goed saam met blond vir 'n natuurlike tonale kontras.
Grys ligstrepies sal ook langer hou, dié skakering sal nie gou uitgewas en dof lyk nie. Dis wel belangrik om die korrekte skakering te kies wat by jou huidige haarkleur pas.