Verlengings wat aanknip (clip-ins) of aanplak (tape-ins) is die gewildste omdat dit jou eie hare die minste beskadig. Die soorte wat aan jou hare gelym of met 'n mikro-ringetjie geheg word, word nie meer so baie gebruik nie omdat dit meer spanning op jou haarstringe sit, dikwels ongemaklik voel en langer vat om in te sit.
Dié verlengings het 'n kammetjie wat in jou hare inglip. Jy kan dit self insit en uithaal soos jy wil. Dis ideaal vir spesiale geleenthede soos jou troudag of matriekafskeid. Jy koop dit in 'n stel en jy kan een stel vir tot drie jaar gebruik. Aanknip-kuiwe is ook beskikbaar.