Haarinspirasie was die afgelope jaar en ’n half amper so skaars soos hoendertande. Ons lewe in uitdagende tye waar iets soos ’n nuwe haarkleur- en snit glad nie oorweldigend op sosiale media te sien was nie.
Met die afskop van die inentingsprogramme hier in Suid-Afrika voel dit asof daar weer hoop is en ons sien dit beslis op sosiale media raak. Plaaslike- en internasionale bekendes spog met opwindende haarstyle wat ons óók inspireer om aan ons haarkapper se deur te gaan klop.
Rolene se hare is ekstra donker gekleur met ’n natuurlike balayage voorkoms van sjokolade en karamel.