Ons is gewoond daaraan om bekendes altyd met foutlose hare en grimering te sien. Maar deesdae gee sterre al hoe meer vir aanhangers ’n agter-die-skerms-kykie na hoe hulle lyk sonder grimering of met ongestileerde hare. Ons is verbaas om te sien hoe baie van dié bekendes van nature eintlik krullerige hare het. En hulle lyk steeds pragtig!
Die laaste paar jaar is haarkleure en -style wat meer natuurlik lyk en nie “gedoen” is nie, ’n reuse-tendens, sê Karen van Wyngaard, stileerder by die salon Snap Dragon in Johannesburg. Vroue verkies ál meer ’n natuurliker voorkoms wat maklik is om te onderhou. Haarstyle is meer gemaklik en effens deurmekaar met baie tekstuur. Boonop is dit ook goed vir jou hare se gesondheid om dit dan en wan natuurlik te dra.
Dié bekendes se hare is van nature baie krullerig:
Rolene Strauss
Selena Gomez
Jennifer Lopez
Ariana Grande
Meghan Markle
SOLVED MY OWN CASE! ???????????????? We got curls in the royal palace y'all!!! ?????????????????????? Starting a petition to get Meghan to wear a fresh wash & go around the palace. #MeghanMarkle pic.twitter.com/5QyRed0VDJ
— Kamie Crawford (@TheRealKamie) November 27, 2017
Emmy Rossum
Debra Messing
Top-wenke vir jou krullerige hare:
* Kies ’n haarsnit wat in lae gesny is as jou hare baie krullerig is. Dit gee vorm en volume sonder dat jou hare pofferig lyk wanneer dit natuurlik droog word.
* Gebruik ’n bevogtigende sjampoe en opknapper. Soek vir woorde soos smoothing en anti-frizz op die verpakking.
* Kam jou klam hare met ’n wyetandkam. Dit definieer jou krulle en voorkom kroeserigheid.
* Wend ’n krulmousse op jou klam hare aan om die natuurlike tekstuur te verbeter en die krulle gladder te maak.
* Wanneer jy jou hare rofweg droogblaas, gebruik ’n hitteverspreidingstuk (diffuser). Dit help ook om meer definisie aan jou krulle te gee.
Bronne: www.people.com, www.sheknows.com