Die gewilde Afrikaanse sangeres wat vanjaar twintig jaar in die bedryf vier, het haar hare vir die feesseisoen ligter gekleur.
"Dis gelukkig nie ’n verskriklik drastiese verandering nie, maar dit is nou lekker somertyd ... ’n bietjie van ’n ligter kleur voel vir my reg," het Nádine vir die SARIE-skoonheidspan gesê.
By ’n foto van haar lang blonde hare op sosiale media sê sy met haar ligter skakering is sy nou reg vir Kersfees en haar vertonings in België.