Bekende se antwoord vir rekmerke

akkreditasie

Die meeste van ons het rekmerke iewers op ons lyf. En dié merke gee baie se selfvertroue ’n lelike knou – selfs as jou naam Kim Kardashian is. Die werklikheidster het op Snapchat video’s gedeel waarin sy vir aanhangers vertel hoe opgewonde sy is oor haar laserbehandelings om haar rekmerke te verwyder. En dit werk glo soos ’n bom!

Dít het die SARIE-skoonheidspan geprikkel om meer oor laserbehandelings vir rekmerke uit te vind …

KKW Fragrance x Violet Grey dinner wearing Dolce & Gabbana

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Hoe vorm rekmerke?

Tieners en swanger vroue is veral geneig om rekmerke te kry. Dit is omdat die vel baie rek wanneer die jong tiener vinnig groei, of soos ’n swangerskap vorder. Die vel word beskadig, en jou liggaam wil die wond so gou moontlik herstel. As gevolg hiervan word ’n oormaat kollageen in die vel vervaardig, wat merke veroorsaak.

Hoe kan ’n laserbehandeling help?

Tzvia Hermann, stigter en mede-eienaar van die estetiese kliniekgroep The Laser Beautique, verduidelik dat fraksionele laserbehandelings soos Fraxel, iPixel of RF Pixel die beste vir rekmerke en letsels werk. “Die behandelings behels ’n enkele laserstraal wat eers in ’n klomp klein straaltjies opgebreek word voordat dit die epidermis en dermis van die vel penetreer. Die hitte van die straaltjies veroorsaak ’n reeks mikrowonde op die plek waar die laser gefokus word en skilfer ’n paar lae van jou vel af.” Die vel se natuurlike herstelproses word hierdeur geprikkel om nuwe, gesonde kollageen te vervaardig. 


Die behandelings werk baie goed vir rekmerke omdat die terapeut die laser baie presies op ’n spesifieke deel van jou lyf kan fokus en omdat die straal diep binne jou vel penetreer, sê Tzvia. Die deel waarop die laser fokus kan warm en ongemaklik voel, maar jy behoort nie pyn te ervaar nie. Afhangend van hoe groot die deel is wat gelaser moet word, is drie tot ses behandelingsessies gewoonlik nodig.

Pasop!

Jou vel kan van ’n paar uur tot dae ná die behandeling nog rooi en sensitief wees. Vermy vir sewe dae ná die behandeling sonblootstelling op die deel wat gelaser is en wend ’n sonskermroom met ’n hoë SBF aan, sê Tzvia. Pryse is vanaf sowat R600 per sessie.

Die model en TV-aanbieder Chrissy Teigen het ook al baie oor haar rekmerke gepraat in die media. Lees hiér meer oor die produk wat sy glo werk.

Bruises from bumping kitchen drawer handles for a week. Stretchies say hi!

A post shared by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees