’n Warm bad verbrand dalk kalorieë!

akkreditasie
FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

’n Warm bad is dalk net sulke goeie "oefening" soos om vir 30 minute te gaan stap. Ja, jy kan omtrent 140 kalorieë tydens ’n badsessie verbrand!

Die uitwerking van ’n warm bad op jou liggaam se vermoë om bloedsuiker te beheer en die aantal kalorieë wat jy verbrand is in ’n studie deur dr. Steve Faulkner en ’n span navorsers van die Loughborough-universiteit in Engeland ondersoek, volgens die akademiese webtuiste The Conversation.

Deelnemers aan die studie is gevra om óf ’n uur lank in ’n warm bad te lê óf ’n uur lank fiets te ry. Hoewel meer kalorieë verbrand word met fietsry, het die navorsers bevind ’n warm bad verbrand net soveel kalorieë as ’n 30 minute lange stappie – sowat 140 kalorieë.

Wanneer jy oefening doen, verhoog jou liggaamstemperatuur en verbrand jy kalorieë, wat help om inflammasie te beveg, verduidelik dr. Faulkner in ’n aanlyn-artikel op The Conversation. Die studie wys egter dat ’n verhoogde liggaamstemperatuur wat nié deur oefening veroorsaak word nie (dit staan bekend as "passive heating") ook gesondheidsvoordele inhou, sê hy. “Gereelde passiewe verhitting kan selfs help om chroniese inflammasie te beveg.”

Buiten dié voordele help bestanddele soos Engelse sout, essensiële olies, kruie en appelasyn wat by jou badwater gevoeg word om die vel te bevog, die beskermende lipiedlagie aan te vul en om van gifstowwe ontslae te raak. Moet egter nie meer as een keer op ’n dag bad nie (lees hiér hoekom). Neem die waterbeperkings in ag en geniet net een keer per week ’n spesiale bad-bederf.

Die volgende keer wat jy nét te lui voel vir jou daaglikse stappie, kan jy darem sonder skuldgevoel ’n warm bad geniet.

Bronne: www.theconversation.com, www.elle.com

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees