* Artikel het oorspronklik in Mei 2020 verskyn.
Speel daar onverwags ’n Afrikaanse liedjie soos “Tweede Kans” van Riana Nel, “Lei My Na Die Water” van Demi Lee Moore of “Vier Woorde” van Tarryn Lamb op die radio, kan jy nie help om te wil saam dans nie.
Dié einste treffers vorm deel van talle Suid-Afrikaners se DNA, want sodra dít speel, sal jy hulle hand aan hand op die dansbaan vind waar hulle besig is om te sokkie.