Die nuwe geur van GUESS is vroulik – maar vurig

akkreditasie
GUESS Bella Vita – die ‘goeie lewe’ in Italiaans – is ’n aanloklike geur vir vroue wat gemaklik is met hul vroulikheid, maar wat ook beheer kan neem en weet wat sy in die lewe wil hê.

Die nuutste geur van die wêreldwye leefstylhandelsmerk GUESS vier die onweerstaanbare persoonlikheid van die GUESS-vrou. Hierdie vrugtige blomgeur open met speelse en energieke note van vars Italiaanse suurlemoen, sappige swart bessies en donker kersies. Die sensuele kant van die GUESS-vrou kry uitdrukking in die fluweelagtige wit blomhart wat bestaan uit jasmyn, soetamaling en vanielje-orgidee. ’n Warm mengsel van amberhout, tonkaboon, pralien en sagte muskus skep ’n soet en onvergeetlike nageur.

Hierdie geur is vir die vrou wat die lewe vreesloos takel om haar unieke verhaal te skep, sê Christine Hassan en Valerie Garnuch-Mentzel, die parfumeurs van Drom Fragrances. “Ons het GUESS Bella Vita geskep as ’n eerbetoon aan al die vroue wat van hulself hou en in die krag van hul vroulikheid glo.”

Die ontwerp van die GUESS Bella Vita-verpakking is geïnspireer deur die tydlose mode-erfenis van die handelsmerk. Die bottel en die kartonhouer het die ikoniese GUESS-pinksterroosmedalje in die middel. Deursigtige glas onthul die warm, ryk kleur van die geur, terwyl die weelderige goue doppie ’n stylvolle detail toevoeg.

GUESS Bella Vita for Women kom in bottels van 30 ml, 50 ml en 100 ml. Dit is beskikbaar by vooraanstaande handelaars en aanlyn.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees