Wat is nou meer opwindend om uiteindelik ’n nuwe wonderformule vir jou hardnekkige fyn lyntjies op die proef te stel of om die koppe te laat draai met ’n nuwe lipskakering wanneer jy by ’n geleentheid opdaag?
Die skoonheidspan deel hul moet-hê skoonheidsprodukte van die afgelope jaar.
1. NeoStrata Enlighten 15% Vitamin C + PHA Serum (R805) – Ek maak seker dat ek elke jaar tydens die somermaande ’n vitamien C-serum deel van my velsorgroetine maak.