Verlede week by die New Yorkse Modeweek het die topname in die bedryf weer hul reekse gewys met die celebs en kenners wat in die voorste rye toegekyk het.
Die modes was natuurlik die hooffokus, maar daarmee saam was daar ook talle opwindende skoonheidstendense te bespeur.
Die Japanse ontwerper Tomo Koizumi se vertoning was ’n herlewing van die tagtigs se grimering. Die modelle is met helder, uitspattige kleure met glinsterende afwerkings grimeer. Was David Bowie se karakter Ziggy Stardust dalk die inspirasie?