Die 27-jarige bedryfs- en logistieke bestuurder van Alberton, Schané Venter, is onlangs as SARIE Voorbladgesig 2019 aangewys. Haar voorkoms en lyftaal doen die praatwerk op die Oktober-uitgawe.
"Modern en mooi - voorbladmooi - ís sy. Maar jy sien ook stilte en empatie. En ’n lus vir die lewe, om die wêreld te oorwin. Dis Schané se eintlike mooi ..." het SARIE-redakteur Michélle van Breda gesê.
Schané is selfversekerd en weet waarvan sy hou. Die SARIE-skoonheidspan het met haar gesels oor haar gunsteling-Jimmy Choo-parfuum.