Wat lyk dan nou beter as sysagte bene by jou gunsteling-somersrok? Tog sukkel ons met ingroeihare, ’n veluitslag of ’n voorkoms wat nie na wense is nie.
Vra maar enige vrou, om beenhare te skeer, is niemand se gunsteling-tydverdryf nie. Daar is wel wonderlike wenke en truuks wat toegepas kan word om ’n mooier voorkoms te verseker, lui ’n mediaverklaring van BIC Soleil.
As jou vel eerstens behoorlik aan warm water blootgestel word, is jou vel meer elasties en word die haartjies sagter. Só sal jy makliker kan skeer en boonop knoppies of infeksie help voorkom.