In die skoonheidswêreld word daar na ’n vlekkelose, egalige en glansende veltekstuur gestreef. Boonop het die glass skin-skoonheidsgier nóg meer klem hierop geplaas. ’n Vel soos glas verwys juis na ’n gelaat wat so glad, egalig en glansend is dat dit lyk asof dit lig reflekteer.
Die grootte en voorkoms van ons porieë word deur faktore soos genetika, ouderdom en ons veltipe bepaal. Lees hier.
Hoewel dit onmoontlik is om van vergrote porieë ontslae te raak, is daar slim maniere om die voorkoms daarvan te verbeter. Begin deur seker te maak jou porieë verstop nie.