Carina Franck, stigter van die Kalahari-velsorgreeks, verduidelik hiperpigmentasie is die gevolg van klein tentakelagtige selle aan die onderkant van jou vel se epidermis, genaamd melanosiete, wat die pigment melanien afskei.
Melanien werk soos ’n natuurlike sonskerm en absorbeer die UV-lig wat deur jou vel dring sodat dit nie dieper selle beskadig nie. As gevolg van verskillende faktore word hierdie selle soms oorstimuleer en vervaardig dit meer melanien as normaalweg.
Soos die pigment na die veloppervlak beweeg, vorm dit bruin, oneweredige vlekke wat mettertyd al hoe sigbaarder word.