Beskerm jou vel teen die effek van stres

akkreditasie
FOTO Verskaf
FOTO Verskaf
Gespanne en gestres? Die eise wat die moderne lewe aan ons stel, eis ook sy tol op ons vel. Maar daar is hulp in die vorm van Environ Skin Care se nuwe nagserum.

Die pas van ons moderne lewe is vinnig en soms selfs oorweldigend – spanning is byna onvermydelik. Vooruitgang in die neurowetenskap en navorsing oor velsorg lê voortdurend meer bloot oor die komplekse en fassinerende verbintenis tussen die brein en die vel¹. Hierdie ontdekkings, gekombineer met Environ se omvattende navorsing oor velsorg, het gelei tot die ontwikkeling van nog ’n deurbraak – Environ se nuwe Focus Care Youth+® Seriénce™ Night Serum. Dié kragtige oornagwetenskap teiken die langtermyngevolge van stres om ’n kalm, helder vel wat jonger lyk, te onthul.

FOTO Verskaf

DIE EFFEK VAN KORTISOL

Wanneer beide die brein en vel streshormone, soos kortisol², vrystel, is die vel die onmiddellike ontvanger van stres en die teiken van stresresponse. In die geval van langdurige blootstelling aan eksterne en interne stresfaktore (emosionele, fisieke en geestelike stres, besoedeling, rook, te min slaap en blootstelling aan die son se UV-strale) hou ons vel aan om kortisol te produseer. Mettertyd kan hoë konsentrasies van hierdie primêre streshormoon ’n invloed op ons immuniteit hê en die funksionering van ons vel bedreig. Dit kan lei tot ’n vaal, moeë voorkoms en ’n toename in lyntjies, plooie en ’n verlies aan elastisiteit.

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf

’N DEURBRAAK-FORMULE

Seriénce™ Night Serum se formule is ’n slim malagiet-neuropeptiedkompleks. Dié kompleks beskerm en herstel ons vel van binne, laat die vel ontspan en die selle weer met mekaar praat, aand na aand, is wetenskaplik bewys.

MALAGIET-EKSTRAK*

Die eienskappe van dié mineraal om transformasie teweeg te bring, is reeds eeue lank bekend. Malagiet bevat kragtige antioksidante en daar is wetenskaplik bewys dat dit die immuniteit van die selle in jou vel ’n hupstoot gee en teen omgewingstressors beskerm.

Neurophroline™*

’n Vinnig werkende en kalmerende neuropeptied afkomstig van die ekstrak van wilde-indigosaad. Daar is wetenskaplik bewys dat dit vaal, moeë vel help deur die negatiewe effekte van streshormone op die vel teen te werk.

Argireline® Amplified* 

Wetenskaplike bewyse bestaan dat hierdie alles-in-een-peptied die effek van moegheid teiken en spiere in die gesig laat ontspan om die voorkoms van lyntjies en plooie sigbaar te verminder.

Matrixyl® Morphomics™* 

Hierdie hardwerkende peptied verminder die voorkoms van fronslyne, marionetlyne, nasolabiale voue (m.b.t. die neus en lippe) en kraailyntjies deur belangrike verbintenisse tussen selle te herstel en ’n netwerk te herbou wat optimaal funksioneer.

Environ moedig ’n progressiewe en integrerende benadering aan om die skadelike effekte van spanning teen te werk en die gehalte van jou vel en lewe te verbeter. In die wêreld vandag is selfsorg noodsaaklik – die vel wys wat jou lyf en gedagtes voel.

FOTO Verskaf


Focus Care Youth+® Seriénce™ Night Serum kos R995 (aanbevole verkoopprys). 

Vir meer inligting oor Environ, besoek dié skakel, of volg hulle by @EnvironSkinCare op Facebook en @environskincaresa op Instagram.

¹Role of Stress in Modulation of Skin Neurogenic Inflammation, deur Ovidiu Grigore, Alexandra Ioana Mihailescu, Lulia Solomon, Daniel Boda, Constantin Caruntu: Experimental and Therapeutic Medicine, 2018. www.spandidos-publications.com ²Brain-Skin Connection: Stress, Inflammation and Skin Aging, deur Ying Chen en John Lyga: US National Library of Medicine National Institutes of Health, 2014. www.ncbi.nlm.nih.gov/ 

* Die doeltreffendheid van die hoofbestanddele is elkeen wetenskaplik bewys deur onafhanklike studies.



JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees