Hollywood-aktrise se oplossing vir hardnekkige vet

akkreditasie
FOTO: Instagram (@therealdebramessing)
FOTO: Instagram (@therealdebramessing)

Selfs Hollywood-bekendes voel soms onseker oor hul lyf … Die aktrise Debra Messing het onlangs erken dat sy van die vet rondom haar maag met ’n estetiese behandeling laat verwyder het omdat sy selfbewus gevoel het oor hoe haar lyf lyk.

In ’n onderhoud met die Amerikaanse tydskrif Good Housekeeping het die 49-jarige Will & Grace-aktrise vertel dat sy ’n CoolSculpting-behandeling, waar vetselle met ’n spesiale toestel afgevries word, ondergaan het om van die vet rondom haar maag te verwyder. Sy het gesukkel om van die “sakkie” op haar maag ontslae te raak nadat sy in 2004 ’n baba gehad het, berig Good Housekeeping aanlyn. Sy meen boonop jy hoef nie skaam te wees om dit te erken nie.

“Dis baie belangrik om eerlik te wees oor die dinge wat jy doen om jouself te laat beter voel oor hoe jy lyk. Die mite dat daar mense in Hollywood rondloop wat perfek gebore is en perfek ouer word, is baie gevaarlik, veral vir jong meisies,” het sy gesê.

Deesdae begin al hoe meer bekendes openlik gesels oor die prosedures en behandelings wat hulle ondergaan om mooi te lyk. Die aktrises Courteney Cox en Gwyneth Paltrow het al albei erken dat hulle vullers en botox gehad het.

Raak ontslae van hardnekkige vet met dié behandelings:

CoolSculpting

Die CoolSculpting-behandeling behels dat hardnekkige vet om jou middel en dye vernietig word deur dit bloot te stel aan ’n baie lae temperatuur. Die vetgedeeltes wat jy wil verwyder, word met ’n spesiale apparaat saamgepers waarna die vetselle letterlik doodgevries word. Jy behoort die beste resultate sowat drie maande ná die sessies te sien omdat dit tyd neem vir jou lyf om die dooie vetselle uit te skei.

Prys: Vanaf R6 000 per sessie. Die behandeling duur sowat ’n uur. Beskikbaar by uitsoek-klinieke.

BTL Vanquish Me

Sowat vier sessies, ’n week uitmekaar, van BTL Vanquish Me kan ook help om daardie vetjies te laat wegsmelt. Tydens die behandelings word ’n apparaat met verstelbare panele oor jou maag en/of dye geplaas sonder dat dit aan jou lyf raak. Dit span radiofrekwensie in om ’n persentasie van jou vetselle met hitte te vernietig, waarna die dooie selle oor ’n tydperk van ’n paar maande uitgeskei word.

Prys: Sowat R2 500 per sessie. Behandelings duur tussen 40 minute en ’n uur, na gelang van watter liggaamsdeel behandel word. Skakel 071 609 0322 vir ’n lys van estetiese klinieke wat die behandeling bied.

Filming on Halloween...

A post shared by Debra Messing (@therealdebramessing) on

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees