Van die beste skoonheidsprodukte word in SA vervaardig, want niemand verstaan ons klimaatskommelinge, verskeidenheid velkleure en unieke velkwessies so goed soos ons nie. Soos die velsorghuis Kalahari, wat plantskatte uit Afrika inspan vir ’n gesonde vel vir almal.
Die stigter, Carina Franck, het op ’n plaas naby Upington grootgeword en van jongs af al by die plaaslike gemeenskappe geleer van die uitstekende plantbestanddele wat dié ongerepte omgewing bied.
Haar droom? Om ’n reeks skoonheidsprodukte en -behandelings te skep wat Afrika se unieke sensoriese ervarings weergee: die kleure van die aarde, die teksture van die sand en plantegroei en die wonderlike geure.