Só versorg jy jou vel tydens winter

akkreditasie
Ongeag waar in Suid-Afrika jy jou bevind, sodra die winter aanbreek het jou vel ’n tikkie ekstra liefde nodig. Hier’s raad vir behoorlike TLC!

Yolandé Swanepoel, Akademiese Hoof van die Isa Carstens Akademie, verduidelik dat jou vel geneig is om meer droog te wees tydens die wintermaande. Sy deel eenvoudige wenke wat sal verseker dat jy heel winter gemakliker in jou eie vel sal wees.

Nuwe seisoen = nuwe produkte

Die groot temperatuurskommeling wanneer ons van ’n warm binnevertrek na die koue buitelug beweeg, veroorsaak dat meer vog uit jou vel verdamp. Gevolglik vind meer oppervlakkige dehidrasie van jou vel plaas. Kies daarom meer bevogtigende produkte, en voeg selfs ’n paar stappe by jou skoonheidsroetine om jou vel in die winter te bevog.

  • Omdat ’n dagroom se primêre funksie is om die vel te beskerm, is dit die regte tyd om na ’n dagroom wat biejie meer bevogtigend is, te beweeg.
  • Dit mag dalk nodig wees om jou reiniger te verander tydens die strawwe wintermaande, van ’n gel-reiniger mag jy dalk oorskakel na ’n melkerige reiniger wat minder olies van die vel afhaal – jy het die natuurlike olies nodig in die winter.
  • Maak seker jy voed jou vel met bykomende nutriënte en vog. Kyk uit vir aktiewe bestanddele soos peptiede, Vitamiene C en hialuronsuur.
  • Vitamiene C is ‘n uitstekende aktiewe bestandeel vir die winter maande aangesien dit die vel ‘n mooi gloei gee.
  • Sluit ook ’n serum soos hialuronsuur by jou velsorgroetine in om jou vel te bevogtig. Sit dit onder jou gewone vogroom aan.
  • Vir teenveroudering is dit ook nou die regte tyd om in ’ n goeie retinol-room te belê. Retinol is die “gold standard”-behandeling vir teenveroudering en help om die vel te vernuwe.
  • Die feit dat dit winter is, beteken nie jy moet nie sonskerm gebruik nie. Die winter se sonstrale kan net soveel skade aan die vel aanrig as gedurende die somer.  Dit vorm ook ’n beskermende lagie op die vel wat uitermatige dehidrasie tydens die wintermaande voorkom. Sien jou sonskerm as ‘n pantser teen alle weersomstandighede.
  • Sommige bevogtigende maskers word feitlik heeltemal deur die vel geabsorbeer en kan vir die nag aangelos word – raadpleeg egter eers jou terapeut oor die regte tipe masker.
FOTO'S Unsplash

Afskilfering

Aangesien jy in die winter minder tyd in die son spandeer, is nou die ideale tyd om vir ’n chemiese afskilfering te gaan. “Hierdie behandeling is uitstekend om die dooie selletjies van die vel te lig en behandel ook ’n verskeidenheid van vel-faktore soos fyn lyntjies, algemene toestand van die vel, pigmentasie, olierige velkondisies en tekstuur.”

Maar moenie wag totdat jy ’n afspraak by die salon kan kry nie! Gereelde afskilfering is baie goed vir jou vel, veral in die winter. Yolandé sê dit laat jou vel vars en meer gehidreer voel, omdat al die droë selletjies van die vel verwyder word. “Wees egter versigtig om nie te veel af te skilfer nie – twee keer per week is oorgenoeg,” waarsku sy.

FOTO Unsplash

Jou leefstyl

  • Van bad tot koffie en lugbevogtigers … jou leefstyl speel ’n groot rol in jou vel se dehidrasie in die winter.
  • ’n Goeie kopie hierdie winter sal ’n lugbevogtiger wees vir jou huis en veral vir jou slaapkamer. Verwarmers versprei warm lug wat jou vel uitddroog, ‘n lugbevogtiger sit weer daardie vog terug in die lug wat ook help om die vel te bevogtig.
  • Ons almal hou van ’n lekker warm bad in die winter, goed vir die siel, maar nie altyd so goed vir die vel nie, probeer dus eerder ’n te warm bad vermy.
  • Die lippe droog ook meer uit tydens die wintermaande, dus sal ’n belegging in ’n goeie lipsalf hoog op my prioriteitslys wees.
  • Alhoewel ons in die wintermaande veel eerder ‘n lekker koppie warm koffie in ons hand wil vashou, is dit steeds die beste om ‘n liggaam ook van binne te bevogtig deur genoeg water te drink. Water kan ook vervang word deur ‘n heerlike koppie gegeurde tee.

SARIE Voorbladgesig & SARIE Nuwe Gesig word vanjaar aangebied in trotse samewerking met Isa Carstens Akademie.

Sluit Saterdag, 12 Junie by ons aan vir SARIE Mooi Vir Jou. Dié grimeerwerkswinkel is geskep om jou te help om elke-dag grimering te bemeester onder die leiding van grimeerkunstenaar Skoonlief. Klik hier vir meer inligting.

FOTO Unsplash

*SARIE Nuwe Gesig & SARIE Voorbladgesig word met trots gebord deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.


JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees