Soek jy ’n mooi vel? Hier is alles wat jy nodig het in een boks!

akkreditasie
Lyk jare jonger – in ’n boks. Hier is 5 skoonheidsprodukte wat jou vel sal laat straal!

Twee van die grootste sondaars wat jou vel se jeugdigheid steel is die son en besoedeling. En dan het lap- en mediese gesigsmaskers ook ’n nadelige invloed op jou vel. Maak dus reiniging, afskilfering en bevogtiging ’n prioriteit! Wanneer jou vel gesond is, voel jy mooier.

Hier is 5 produkte wat jy gerus kan toets:

Gatineau Peeling Expert Pro-Radiance Anti-Aging Gommage 75 ml (R550 elk)

Dit verwyder sagkens dooie selletjies op die boonste laag van jou vel en gee dit ’n gladder, egaliger tekstuur.

Sothys Detox Energie Depolluting Youth Cream 15 ml (R307,50 elk)

Dit verbeter jou vel se weerstand teen die omgewing en gee dit daardie hupstoot wat jy nodig het om te straal.

NUXE BIO Organic Antioxidant Serum 5 ml (R132,50 elk)

Dis ’n serum wat ryk is aan antioksidante wat chiasaad-ekstrak en vitamien C bevat. Dit beskerm jou vel daagliks teen eksterne faktore sodat jou vel langer jonk bly.

Diego dalla Palma Micellar Cleansing Milk 50 ml (R91,00 elk)

Dit verwyder gesig- en ooggrimering sagkens, terwyl dit ook jou vel bevog.

NUXE Exfoliating Insta-Masque 15 ml met strelende rooswater en makadamia-olie (R103,50 elk)

Dit skilfer jou vel liggies af om dit te verhelder.

Nou kan jy al dié produkte in een boks kry! Jy betaal slegs vir die skoonheidsprodukte en kry die volgende gratis by:

  • Adene’s Farm Flowers se amarant-blomsaad in 4 kleure: Emerald Tassels, Love Lies Bleeding, Hot Biscuits en Autumn Touch. Jy sal twee van dié kleure ontvang.
  • Christmas Candle Wrapper van Elsje Design. Dit kom in swart, goud en ongekleurde karton – jy sal een van die kleure ontvang.
  • Robertson Winery se nie-alkoholiese Dry Sparkling Pinkwyn.
  • Rooiborslaksman deur Marinda van Zyl.
  • Donkerdrif deur Deon Meyer.
  • Dik Dun Thick Thin deur Nataniël.
  • MamaMac’s se tuisgemaakte brosbrood sonder preserveermiddels

Hierdie heerlike boekbederf se waarde is R2 504,50, maar dit gaan jou net R1 170 kos. Die bedrag sluit *afleweringskoste in. Bederf jouself, of gee die boekbederf as geskenk vir jou vriendin, geliefde of familielid. Bestel nou!

* Aflewering is slegs ingesluit vir adresse in die hoofsentra. Aflewering na afgeleë adresse sal ekstra koste beloop.

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees