Die meeste tieners sukkel in een of ander stadium met hul vel en het al te skaam gevoel om hul gesig in die openbaar te wys.
Aknee . . . ’n woord wat ons laat sidder. Volgens die gesondheidswebblad Healthline verwys aknee na enige vorm van verstopte porieë weens oortollige sebum (olie), dooie velselle of bakterieë.
Zoya Nell, programkoördineerder van somatologie aan die Isa Carstens Akademie, sê tieners sukkel meestal met twee dinge: ’n Olierige, blink vel of ’n rooi vel. “Jou vel kan blink as gevolg van oortollige olie of rooi wees weens die gebruik van verkeerde produkte wat die vel beskadig en nie help nie.”