Aknee is 'n alewige stryd wat keer op keer terugkeer. Daar is niks meer ontmoedigend as om na jou tienerjare steeds met aknee te sukkel nie. Die velsorghuis Kalahari berig aanlyn dat dit belangrik is om te verstaan wat die moontlike oorsake van aknee na jou tienerjare kan wees en wat jy omtrent daaraan kan doen.
'n Hormoon-wanbalans kan tot aknee lei. Verhoogde vlakke van progesteroon in jou vel lei tot water-retensie. Dít plaas spanning op jou porieë en vernou jou porieë. Sodra olierigheid probeer om deur vernoude porieeë te beweeg, vorm aknee.