Voor én agter die kamera pak Willem Botha alles met passie en entoesiasme aan. Jy sal hom nooit moeg of afgemat sien nie. Voor ’n gehoor, agter ’n kamera of wanneer hy self ’n onderhoud met iemand voer, gee hy waarlik álles.
Dié Riversdaller staan sowaar verskeie rolle vol: Sanger, TV-aanbieder en fotograaf. Die verkleurmannetjie van die kunste. “My ma het ’n sterk kunsklap, dis seker waar ek dit kry.”
Maar dis nie al nie, hy hou sy lyf ook grimeerkunstenaar.