Wil jy gesonder leef? Maak elke dag ’n suiweldag!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GEBORG: As daar een voedselgroep is wat jy wéét goed is vir jou, is dit suiwel.

Balans en verskeidenheid is die sleutel tot ’n gesonde dieet. Deesdae is daar soveel meer tipes kos beskikbaar vir verbruikers dat dit verstaanbaar is dat mense verward voel oor wat die beste is vir jou liggaam.

Deur terug te gaan na die basiese beginsels kan jou help om te besluit.  

’n Goeie reël van dié basiese beginsels is om daagliks ’n verskeidenheid várs of heel kosse te eet. Dit beteken om kos te kies wat min of glad nie geprosesseer of verwerk is nie, soos heel grane, vars groente en knolsoorte soos aartappels en patats, peulgroente, vrugte en melk. 

Melk is gerieflik en veelsydig

Melk word met goeie rede lankal reeds gesien as ’n stapelvoedsel van ’n gesonde dieet. Dis heerlik en ’n goeie bron van ’n verskeidenheid belangrike voedingstowwe – alles gerieflik deur die natuur verpak in een produk. Melk kan óf net so geniet word as ’n verfrissende drankie, óf as ’n melkerige koffie (warm of koud). Jy kan dit ook geniet in melkskommels saam met vars vrugte (“smoothies”), dit oor jou ontbytpap gooi of dit in gebak gebruik. 

Laat melk die krag in jou dag sit

Die Voedselgebaseerderiglyne van die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid beveel twee tot drie porsies melk, maas (suurmelk) of jogurt per dag aan. Voorbeelde van een porsie is: 250 ml melk, 200 ml maas of jogurt, of 40 g harde kaas. Melk bied jou ’n wye verskeidenheid aan om van te kies. Vetvrye, laevet en volroom melk opsies bied vir elkeen in die gesin ’n geleentheid om baat te vind by die verskeindenheid belangrike voedingstowwe in melk. Daar is boonop ’n klomp maniere om dit in te kry.

Hoekom het jy die voedingstowwe in suiwel nodig?

Melk is ’n uitstekende bron van veral kalsium, goeie gehalte proteïen en vitamien B12. Die voedingstowwe in suiwel werk soos ’n span saam en dit is die spanwerk wat vir jou verskeie gesondheidsvoordele inhou.

Goeie gehalte proteïen

  • Verskaf al die essensiële aminosure (boublokke) wat jou liggaam nodig het
  • Help met been- en spiergesondheid. 

Kalsium

  • Baie belangrik vir gesonde bene en tande. 

Vitamien B12

  • Hou jou brein in stand en sorg vir wakker, skerp denke.
  • Ondersteun ’n gesonde immuunstelsel en energievlakke.

Vitamien A

  • Ondersteun ’n gesonde immuunstelsel.
  • Belangrik vir goeie sig, veral nagvisie

Kalium

  • Help met hartgesondheid
  • Help om bloeddruk onder beheer te hou

Fosfor

  • Belangrik vir groei, ondersteuning en die herstel van liggaamselle. 

Vitamien B2 en magnesium

  • Help om energie beskikbaar te stel

Sink

  • Ondersteun ’n gesonde immuunsisteem
  • Belangrik vir ’n gesonde  vel

Wanneer die skool weer begin, is suiwel ’n wenner vir die kosblik! 

Maak seker jy sluit regte melk en suiwelprodukte soos maas, jogurt en kaas elke dag by jou kind se kosblik in. Dis lekker, gerieflik en bekostigbaar, en kan help om kinders die energie te gee wat hul nodig het om die nuwe skooljaar goed te begin.

  • ’n Porsie jogurt met vars vrugte is ’n maklike, vinnige happie voor skool.
  • Pak ’n klein, gevriesde bakkie jogurt in die kosblik, of gee dit as ’n middag-happie om energievlakke stabiel te hou.
  • ’n Porsie kaas in ’n kosblik of op ’n broodjie kan jou help om langer versadig te bly
  • Melk of gegeurde melk is die ideale drankie ná sport.  

’n Inisiatief deur die verbruikersopvoedingsprojek van Milk SA. Jy kan hulle ook volg op Facebook en Instagram.

Klik hier vir 'n gratis werkskaart om jou kinders voor te berei vir terug gaan skool toe.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees