Nooi die Weskus en Namakwaland huis toe met dié spesiale SARIE Woon-uitgawe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SARIE Woon is elke dekorliefhebber en vakansieganger se beste vriend.

SARIE Woon is toegewy aan ons land se mooie Weskus en Namakwaland en is propvol inspirasie vir ’n vars voorkoms of selfs idees vir ’n wegbreek na Langebaan, Paternoster, Loeriesfontein, Tanka, Kalahari of vele meer.

1. ’n Stokou seestorie

Met sy gesig na die prentjiemooi Langebaan-strandmeer staan Panorama, ’n strandhuis wat sy lewe sowat 350 jaar gelewe as ’n skuur begin het.

SARIE WOON 2021/22
FOTO'S Henrique Wilding vir Perfect Hideaways

Tussen die dik mure kom soek jy die stilte op, en die lewe teen ’n stadige pas.

FOTO'S Henrique Wilding vir Perfect Hideaways
FOTO'S Henrique Wilding vir Perfect Hideaways

2. Natuurlik mooi in Dwarskersbos

Hoe klink ’n vakansie by Villa Kersbos met dekor so vars soos ’n seebries?

SARIE WOON 2021/22
FOTO’S Warren Heath vir Bureaux

Dié groot opvouvenster in die kombuis is ideaal om gou middagete aan te gee sodat geen nat lywe deur die huis drup nie.

FOTO’S Warren Heath vir Bureaux

3. Ver in die ou Kalahari

Het jy al ons land se mooie Kalahari beleef?

SARIE WOON 2021/22
FOTO'S verskaf

Loer hier na dié eksklusiewe privaat natuurreservaat in die hart van die rooi woestyn, Tswalu. ’n Plek soos geen ander nie, waar jy in gemak en in weelde kan oorbly.

FOTO'S verskaf

4. ’n Kliphuisie by die kus

Op ’n hoë duin staan dié tipiese Weskus-huis met die mooiste uitsig oor die veld en see. Dit is een van net elf huise in die Groot Paternoster Private Natuurreservaat.

SARIE WOON 2021/22
FOTO’S Henrique Wilding

Die interieur is ontspanne en spartaans, maar met warm aksente van hout, Griekse blou breekgoed en spatsels koraalpienk.

FOTO’S Henrique Wilding

5. VAT DIE GRONDPAD

Die pad na die Tankwa River Lodge naby Sutherland kronkel tussen oeroue heuwels deur tot by die historiese werf van die oudste plase in die omgewing.

SARIE WOON 2021/22
FOTO’S David Ross

Die huis verras met sy eklektiese dekor, van modern tot nostalgies en met ’n skeut boheems daarby.

FOTO’S David Ross
FOTO’S David Ross
SARIE WOON 2021/22

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees