5 wenke om die regte los mat te kies

akkreditasie

’n Los mat is baie meer as net ’n vloerbedekking. Dit trek die hele voorkoms van ’n vertrek bymekaar en vorm ’n fokuspunt. Matte gee kleur, tekstuur en dra by tot ’n warm en knus gevoel.

Hier’s ’n paar wenke om die perfekte los mat te kies:

1. Die mat moet groot genoeg wees om die spasie "af te baken". As jy dit byvoorbeeld in jou leefgedeelte gebruik, moet al die pote van die koffietafel daarop wees en die bank of leunstoele moet daaraan raak. ONTHOU: Die mat moenie soos ’n klein posseël verlore lê in ’n geselsarea nie.

2. In die eetkamer moet die mat so groot wees dat die stoele steeds op die mat staan as mense om die tafel sit.

3. ’n Mat in die gang moet breed en lank genoeg wees sodat dit nie opfrommel en rondskuif nie.

4. Moenie bang wees vir kleur, patroon en tekstuur nie. ’n Mat is dié item om mee te waag.

5. Plaas altyd ’n ondervilt onder ’n los mat as dit op ’n gladde plank- of teëlvloer gebruik word.

Hier is 10 nuwe matte om van te kies:

Jute-en-symat van Weylandts – R5 995

ALBOROBELLO JUTE AND SILK CARPET

Viskosemat van Weylandts – R15 995

GLAM VISCOSE CARPET

Marokkaanse mat van Weylandts – R15 995

MOROCCAN CARPET

Baku-matte van Hertex – klik hier vir meer inligting.

021_hertex23208

Boliviaanse Montero-mat in Mauve van Hertex – klik hier vir meer inligting.

montero_mauve

Boliviaanse La Paz-mat in Turmeric van Hertex – klik hier vir meer inligting.

la_paz_turmeric[1]

Verweerde vintage- Anatoliese mat van Weylandts – R19 995

OVERDYED VINTAGE DISTRESSED RUG

Buitemat van Weylandts – R2 995

Screen Shot 2017-03-16 at 7.55.31 AM

Boliviaanse Cameri-mat in Turmeric van Hertex – klik hier vir meer inligting.

cameri_turmeric

Bron: Weylandts

Lees nou

Spandeer minder aan dié 5 dekor-items

Hoe lyk dekor in 2017?

Dekor – die moets en moenies

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees