
Met die laaste bietjie verf in ’n blik, ’n afvallap of stuk papier kan jy kosteloos jou plek versier.
Laat jou duvet blom
Skeur lang stroke ongebleikte linne of enige ander lap wat wasbaar is en kan skeur. Draai die stroke losweg om jou hand en vou die rande hier en daar om sodat roosblare vorm. Werk dit met naald en gare vas sodat die roos mooi sal hou. Skeur stingels en knip blare en werk alles met stewige rygsteke in posisie vas op die duvet.
Raam dit mooi
Sit ’n stuk afvallap in ’n mooi ou raam vir ’n splinternuwe “skildery”.
As kaal mure pla
Knip ’n swerm swaeltjies uit papier, vou en knak die uitgeknipte vorms effens om hulle beweging te gee en sit dit met wondergom teen jou muur vas.
FOTO Ryno
Gebruik verf op
Teken ’n ontwerp liggies teen die muur en verf dit met oorskietverf.
Gawes uit die tuin
Rangskik al jou mooi glase, blompotte of flessies op ’n skinkbord en sit ’n blom of selfs net ’n blaar in elkeen.
FOTO Ryno