Maar mense is geneig om prente te hoog of in die verkeerde lig te hang. Hier is ’n paar riglyne.
1. Ooghoogte
Ooghoogte beteken die hoogte van die deursnee-mens se oog as hy staan, sowat 145 cm vanaf die vloer.
Dit is ook die standaard-afmeting waarvolgens museums kunswerke hang. Onthou dit beteken die middelpunt van die prent en nie waar die gaatjie geboor moet word nie.
- Merk die 145 cm met ’n potlood af op die muur.
- Trek die draad waaraan die prent opwaarts soos die prent gaan hang en bepaal die afstand na die middelpunt van die prent.
- Tel hierdie mate by die 145 cm om te bepaal waar jy die gaatjie moet boor.
- Pas hierdie afmetings dwarsdeur jou huis toe.
2. Korrekte lig
Hang skilderye weg van vensters waar son direk op dit kan skyn. Selfs goeie afdrukke kan in helder lig verbleik.
- Gloeilampe met ’n geel glans laat skilderye mooi vertoon, terwyl dié met koeler blou lig geskik is vir swart-en-wit foto’s.
3. Groepeer saam
As jy ’n paar prente van verskillende groottes wil groepeer, hanteer dit as ’n eenheid. Pak al die prente op die vloer uit en bepaal die middelpunt van almal as ’n groep.
Hierdie punt moet sowat 145 cm vanaf die vloer wees. Hang die middelste prente eerste op. Gebruik dit as vertrekpunt vir die res.
- As jy steeds onseker voel, kontak gerus ’n kunsgalery wat hierdie diens lewer.