Hout maar nog nie koud

akkreditasie

Ons sit almal met die een of ander meubelstuk wat ons geërf het en nie heeltemal ons smaak is nie. Die geheim is om dit op ’n slim manier deel te maak van jou interieur. Meubels wat nie meer so blinknuut is nie, dra juis by tot die unieke persoonlikheid van ’n vertrek. Hier’s ’n paar voorbeelde van hoe jy dit kan laat werk.

1. Skep ’n leeshoekie FOTO Ryno FOTO Ryno

’n Antieke tafel, stoel en klassieke prent word hier gekombineer met ’n hipermoderne perspeks-leeslamp. Die kontras tussen perpeks en hout lig die hele atmosfeer.

2. Maak bal-en-klou-meubels nuut woon3_131 FOTO Ryno

In die veertigs en vyftigs was soliede inheemse houtmeubels met bal-en-klou-pote hoogmode in Suid-Afrika. Die stukke is sterk en stewig, maar vernuwe die voorkoms deur byvoorbeeld ’n tafel se pote ’n vars kleur te verf en die blad af te skuur, met bleikmiddel te behandel en ’n ligte kleurwas te gee. Kombineer dit met stoele met skoon, moderne lyne. So werk oud en nuut perfek saam.

3. Ou stoele kry nuwe sitplekke FOTO Henk Hattingh FOTO Henk Hattingh

Hierdie twee riempiestoele het ’n moderne afwerking gekry met gevlegte groen sitplekke. Egte leerriempies is nie meer so algemeen beskikbaar nie, maar kan suksesvol vervang word met sterk sintetiese koord in helder kleure. Die stoele gee ’n warm, huislike gevoel aan ’n moderne vertrek met betonmure en kontemporêre bykomstighede.

Lees nou

Sorteer só jou huis kamer vir kamer uit Slim kopies vir jou koshuiskamer Meubileer só jou eenkamerwoonstel

   

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees