Kies só die regte duvet vir ’n snoesige winter

akkreditasie

As dit by beddegoed kom, kan jy nie ’n beter keuse maak as Granny Goose se groot reeks produkte nie. Net die beste gehalte stowwe soos suiwer katoen en ware eend- en gansdons word vir hul beddegoed gebruik. Boonop word alles plaaslik vervaardig.

Hoe kies ek die regte duvet?

Koop ’n duvet, wat een grootte groter as jou bed is. Dit gee ’n luukse voorkoms, maar verseker ook dat daar geen gestoei is met ’n te klein duvet nie en dat die koue nie inkruip aan die kante nie. Granny Goose maak selfs ’n duvet in ekstra konings-grootte en lengte.

Suiwer dons sorg vir uitstekende insolasie, wat verseker dat ’n gemaklike slaap-atmosfeer geskep word en jy van ’n goeie nagrus verseker sal wees. Een van suiwer dons se beste eienskappe is dat dit die liggaamstemperatuur reguleer, jy bly dus van kop tot tone warm. Dit is perfek vir koue wintermaande maar is net so effektief in die somer.

Granny Goose gebruik net die beste gehalte dons om hul eend- en gansdons duvets mee te vul. Alle dons word eties bekom en word in hul fabriek in Kaapstad verfyn.

Koop ’n duvet waarvan die sloop van suiwer katoen gemaak is. Katoen haal asem terwyl die dons verseker dat jy konstant en teen ’n egalige temperatuur warm gehou word. Al Granny Goose se duvet oortreksels is van suiwer katoen en ten volle masjienwasbaar. Hul bied ook ’n wassery-diens, wat verseker dat jou duvet wolksag sal bly, net soos die dag toe jy dit gekoop het.

Volg ook Granny Goose se slaapgeheime:

Skud gereeld jou duvet uit. Lug word vasgevang tussen die dons wat sorg dat die insulasie kapasiteit maksimaal benut word.

Koop suiwer katoen of linne pajamas, dis die perfekte pasmaat vir ’n dons duvet.

Sproei jou kamer met laventel essentiele olies. Die vars geur sal jou wegvoer na droomland Maak jou eie kamersproei deur 10 druppels laventel essentiele olie te meng met 2 eetlepels vodka. Skud deeglik en voeg 6 eetlepels water by. Skud weer en gooi dit met ’n klein tregter in ’n spuitbottel.

Besoek Granny Goose se webtuiste vir beddegoed, duvets en nog! Klik hier om na die duvet-afdeling in hulle aanlynwinkel te gaan.

Volg vir Granny Goose op sosiale media. Klik hier vir Facebook, Twitter, Instagram en Pinterest.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees