Kyk wie word 30!

akkreditasie

Die ikoniese dekorwinkel Block & Chisel word 30. Ons gesels met Lynn McAdam, wat saam met haar man, Sibley, die winkel begin het.

Het jy ooit gedink dat Block & Chisel 30 jaar sou hou?

Ek het nooit regtig daaraan gedink nie. Dit wys jou net, tyd vlieg as jy besig is met iets waaroor jy passievol is.

Wat is jou geheim tot sukses?

Aanhou en aanhou.

Wat was vir jou die grootste beloning om in die afgelope 30 jaar dié besigheid te bedryf?

Dat dit so uitgewerk het dat my hele gesin betrokke is by die besigheid, dis vir my heerlik.

As jy weer moet begin, sou jy iets verander het?

Nee, ek sou niks wou verander nie, behalwe dat ek vir ’n paar jaar in Hongkong sou wou woon en ek sou meer vakansie hou.

Wat inspireer jou die meeste?

Om te reis, interessante winkelvensters te sien, slim interieurplanne, Pinterest. Dis baie inspirerend om te sien wat die res van die wêreld doen.

Het jy ’n leuse?

Haal asem. Wees gaaf met jouself en ander mense.

Wat is die mees opwindende ontwikkeling by Block & Chisel?

Om nuwe produkte reg oor die wêreld te vind, ons aanlyn en sosiale media ontwikkeling en ons nuwe webtuiste. En natuurlik ons plaaslike meubels wat ons hier in Kaapstad vervaardig.

Watter meubelstuk van Block & Chisel is jou gunsteling?

Beslis ons kombuiseiland

Kombuiseiland van R25 995
FOTO Block and Chisel

En wat is jou gunsteling-vertrek in jou huis?

My kombuis. Ek was nog altyd ’n kombuismens, alles gebeur hier, alle kreatiwiteit, al die pret en onthaal vind hier plaas.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees