Jy kan ook ewe vernuftig die hekelpen laat sing met hierdie beginnersblokkie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
As jy wil leer hekel, is die Ouma-hekelblokkie die maklikste blokkie om mee te begin. Hier is alles wat jy moet weet om op die regte manier weg te spring.
Foto: Oscar Helgstrand/unsplash.com
Foto: Oscar Helgstrand/unsplash.com

As jy nie self wil hekel nie, kan jy gerus die PIP-hekelprojek van ’n groep bejaardes in die omgewing van Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap ondersteun.

Hul onderneming om besig te bly en ’n ekstra geldjie te verdien het uitgekring na ander vroue in behoeftige gemeenskappe. Elke vrou wat ’n bydrae lewer, word betaal vir haar werk.

  • Besoek PIP om die produkreeks en kleuropsies te sien, of om aanlyn te bestel.
Foto: Pip, Riebeek
Foto: Pip, Riebeek Vallei

Begin by die begin met ’n Ouma-hekelblokkie (“Granny Square”)

Benodigdhede

Resbietjies dubbeldraad in 4 verskillende kleure, 4 mm-hekelpen

Afkortings

Gp(e) - groep(e); gs – glipsteek; her – herhaal; ks – kettingsteek(steke); lb – langbeen; rdte(s) – rondte(s); sp(s) – spasie(s); vlge – volgende

Hekel een blokkie só

Hekel 6 ks, las met ’n gs in 1e ks om ’n ring te vorm.

1e rdte: 3 ks (= telkens 1e lb), hekel 23 lb in ring, las met gs in 3e ks.

2e rdte: 3 ks, slaan 3 lb oor (insluitend die een onder 3 ks), * 6 lb in vlg sp (steek pen in sp tussen die onderste rdte lb), slaan 3 lb oor, 3 lb in vlg sp, slaan 3 lb oor, her rondom van * tot 4 hoeke van 6 lb gevorm is (met een gp van 3 lb tussenin) en las aan 1e lb.

3e rdte: Neem vlge kleur; 3 ks, 6 lb tussen 6 lb van hoek, 3 lb in vlg sp, slaan vlg gp 3 lb oor, 3 lb in vlg sp, hekel só verder tot rdte voltooi is, eindig met 2 lb (dit voltooi die laaste 3-lb-gp saam met 1e 3 ks).

4e rdte: Neem vlge kleur en hekel soos vorige rdtes, maar met 3 gpe van 3 lb tussen hoeke.

5e rdte: Neem vlge kleur en hekel soos 4e rdte, maar met 4 gpe van 3 lb tussen hoeke. Wissel ligte en donker kleure af en heg af.

Afwerking

As jy dit rondom ’n kombers wil vaswerk, meet hoeveel blokkies benodig word om rondom 4 sye te gaan. Werk dan blokkies aan mekaar tot 4 lang stroke, werk ook oortollige drade weg. Werk stroke met die hand en met gewone masjiengare en naald rondom kombers vas.


JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees