Dis tyd om jou opgaar-gier die deur te wys en ontslae te raak van dit wat pla

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jy het dalk al teen hierdie tyd die regpak-en-uitgooi-gier gevolg in jou huis, maar daar is steeds dinge wat jou pla. Ons is geneig om hopeloos te veel op te gaar en spandeer dan onnodig tyd om dit georden te probeer hou.
Foto: Becca Tapert/unsplash.com
Foto: Becca Tapert/unsplash.com

Gaan met ’n kritiese oog deur elke vertrek. Raak ontslae van elke ding wat jou pla: Gooi uit, herwin, óf skenk aan liefdadigheidsorganisasies.

Kombuis 

Gooi enige gekraakte of gechipte porselein uit. Dis onhigiënies en gebruik onnodig rakspasie.

Foto: Brooke Lark/unsplash.com
Foto: Brooke Lark/unsplash.com

Bekers en glase met logo’s op kan ook maar gaan.

Foto: Tony Smith/pexels.com
Foto: Tony Smith/pexels.com

Sorg dat elke plastiekhouer ’n deksel het en raak ontslae van die onpare.

Foto: Anna Shvets/pexels.com
Foto: Anna Shvets/pexels.com

Ou potte en veral panne waarvan die binnelaag afgekrap is, moet uitgegooi word.

Foto: Schott Umstattd/unsplash.com
Foto: Schott Umstattd/unsplash.com

Leefkamer

Maak ’n dekorstelling van ou tydskrifte deur dit volgens kleur in ’n stapel te sorteer. Hou slegs tydskrifte wat jy weer wil lees.

Foto: Skylar Kang/pexels.com
Foto: Skylar Kang/pexels.com

Span vars blomme in en raak ontslae van enige plastiek- of syblomme. Dit vergader net stof.

Foto: Annie Spratt/unsplash.com
Foto: Annie Spratt/unsplash.com

Haal ou prentrame van mure af en gee dit ’n nuwe laag verf. Hang dit miskien in ’n nuwe posisie.

Foto: PNW Production/pexels.com
Foto: PNW Production/pexels.com
Badkamer

Foto: Roman Odintsov/pexels.com
Foto: Roman Odintsov/pexels.com

Verbleikte en gevlekte handdoeke kan kleiner geknip word vir vloerlappe.


JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees