Spandeer minder aan dié 5 dekor-items

akkreditasie

Deur slim te werk te gaan kan jy tog jou huis mooi inrig sonder om die bank te breek. Hier is vyf items waarop jy kan spaar.

1. Handdoeke 

FOTO Mr Price Home FOTO Mr Price Home

Duur handdoeke hou net so lank soos goedkoper handdoeke en droog nie noodwendig beter af nie. Die dikker tipe is soms ook te glad en nie absorberend genoeg nie. Koop eerder goedkoper handdoeke op uitverkopings.

Wenk: Maak só en jou handdoeke droog beter af

Was nuwe handdoeke met ’n hand vol sout by die waspoeier voordat jy dit gebruik. Dit verwyder oorblywende chemikalieë uit die vesels en die handdoek droog dan beter af.

Wil jy jou handdoeke sagter hê? Lees hier.

2. Strooikussings

FOTO Mr Price Home FOTO Mr Price Home

Die maklikste manier om lewe aan ’n vertrek te gee is met nuwe strooikussings. Koop goedkoop kussings wat die seisoen weerspieël, of nog beter, koop los oortreksels vir jou bestaande kussings. Beskou dit as ’n bykomstigheid soos ’n serp wat jy per seisoen afwissel, maar soek rond vir winskopies.

3. Binnenshuise plante

FOTO Unsplashed / Sarah Dorweiler FOTO Unsplashed / Sarah Dorweiler

Bome in mooi houers in die huis lyk altyd besonders in dekortydskrifte, maar dis nogal duur en nie die moeite werd om geld aan te spandeer nie. Bome is bedoel om buite te groei en daar’s geen waarborg dat dit binne sal aard nie. ’n Groen blaar of twee in ’n glaspot hou baie lank en kan net so effektief wees. ’n Potplant wat lank blom is ook ’n opsie.

 4. Snuisterye

Dis in die menslike natuur om goed te koop al het ons dit nie nodig nie. As jy daartoe geneig is, sorg dat jy nie te veel spandeer nie en dat dit pas by ’n bestaande versameling of groepering van ornamente in jou huis.

5. Galery

FOTO Unsplash / Clem Onojeghuo FOTO Unsplash / Clem Onojeghuo

Dis die verskeidenheid en die plasing van geraamde prente wat dit interessant maak en nie noodwendig die waarde van elke individuele item nie. Jy kan dus maklik met goedkoop rame en afdrukke ’n fokusmuur skep.

Bron: My Domaine

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees